“Wie is ons”

Silostrat is ‘n Suid-Afrikaanse maatskappy in privaat besit wat spesialiseer in die verhandeling van graan in Suidelike-Afrika in beide die fisiese mark en mark vir afgeleide instrumente op die JSE. Ons verhandelings dienste sluit in hantering, opberging en vervoer van graan en verwante kommoditeite. Ons besigheid het ontstaan in 2007 en die hoofkantoor is in Welkom, ‘n stad in die hartland van Suid-Afrika se mielie produksie gebied. By Silostrat, glo ons in basiese ordentlikheid, opregtheid en ons afhanklikheid van mekaar en God. Ons gee om vir mekaar en vir ons kliënte. Ons is ernstig oor ons verbintenisse en glo jy oes wat jy saai in die lewe. Ons is oortuig dat goeie besigheid ‘n vreugdevolle, opbouende en ‘n mens-sensitiewe ervaring kan wees. Ons is deeglik bewus daarvan dat Silostrat se sukses afhanklik is van die kwaliteit van die vennootskappe wat met ons kliënte gevestig en onderhou word. Ons is daartoe verbind om ons kliënte se belange te beskerm en hul lang termyn welstand te bevorder. Ons besef dit beteken deurlopende verbetering van strategiese insig, investering in ons kundigheid en ons vermoë om steeds buigbaar te wees.

Elke lid van die Silostrat span is daartoe verbind om ware bewaarders te wees van die genade en talente waarmee God hom of haar geseën het. Ons is nederig oor die vertroue wat in ons geplaas word, is akuut bewus van hoeveel mense vertrou op die kwaliteit van ons mening en die doeltreffendheid van ons ondersteunings dienste. Ons is toegewyd om hulp te verleen aan gemeenskappe waarin ons leef en werk. Ons is trotse Suid-Afrikaners – en vat volle eienaarskap en verantwoordelikheid om te help bou aan ‘n land waarop ons kinders ook trots kan wees.

Kontak ons vir meer inligting…

Volg ons op sosiale media

© Silostrat (Pty) Ltd | 2020
Alle regte voorbehou

Lid van die Silostrat Investments Groep

ontwikkel deur: